Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Uit "Kwatryne" van I.D. DU PLESSIS
Uit "Kwatryne" van I.D. DU PLESSIS [boodskap #11192] Do, 06 November 1997 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Uit "Kwatryne"
I.D. du Plessis

Djokjakarta

In Djokjakarta waar die silwersmede
Geduldig hamer op die wit metaal,
Het ek vir jou - 'n duisend jaar gelede? -
Dié bontgeblomde batikdoek gaan haal.

Duiwe

Bali se singende duiwe
Omsingel die maan in hul vlug
En hang, 'n tros donkerblou druiwe,
Aan die hoë prieel van die lug.
Re: Uit "Kwatryne" van I.D. DU PLESSIS [boodskap #15051 is 'n antwoord op boodskap #11192] Vr, 22 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Iewers tussen my boeke is 'n reisverhaal oor Indonesië uit die detigerjare
(op 'n vlooimark opgetel vir R2). "Eilande van Smarag" deur ID du Plessis.

Vertel onder andere van enkele Afrikaners wat na die Boere-oorlog daar gaan
boer het eerder as om onder die hiel van Albion te leef.

@igs.net heeft geschreven in bericht
...
> Uit "Kwatryne"
> I.D. du Plessis
>
> In Djokjakarta waar die silwersmede
> Geduldig hamer op die wit metaal,
> Het ek vir jou - 'n duisend jaar gelede? -
> Dié bontgeblomde batikdoek gaan haal.
>
>
>
> Bali se singende duiwe
> Omsingel die maan in hul vlug
> En hang, 'n tros donkerblou druiwe,
> Aan die hoë prieel van die lug.
>
Vorige onderwerp: Hulle moor met Le^ers" deur HENRI LAURIE
Volgende onderwerp: Uit "Kwatryne" van I.D. DU PLESSIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 11:24:02 MGT 2024